
Christine van Wyk
Stigter en vorige Besturende Direkteur
Christine van Wyk het reeds in 1980, as konsultant van KLM, begin om toere aan te bied. Haar wye kennis, liefde vir mense, toewyding en vermoë om mense uit verskillende lande en kulture met mekaar te verbind, het die grondslag van haar werk gevorm.
In 1994 het sy Christine van Wyk Toere amptelik as maatskappy gestig. Sy het die onderneming met passie en 'n besondere liefde vir reis opgebou en 'n nalatenskap geskep wat vandag steeds voortleef. In April 2008, op 90-jarige ouderdom, het sy die bestuur aan haar sewe kinders oorgedra, met haar dogter Franita Botha as Besturende Direkteur.
Christine is op 19 April 2015 op 97-jarige ouderdom oorlede. Haar invloed en passie om te sorg dat ander ook die wêreld kan beleef, bly egter 'n belangrike deel van die hart van die onderneming.


